Matobo Hills Logo

GPS: 20 29  70.44S, 28 30 47.50E

MATOPO HILLS LODGE

Luukse hotel omring deur asemrowende prag


Adres: Matobo Hills Nationale Park, Bulawayo, Zimbabwe

TUISBLAD ZIMBABWE AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER MATOPO HOTELLE ENGLISH STUUR EPOS
Motopo Hills Lodge
BESPREEK AANLYN EN SPAAR 5%
 

Die Matopo Hills Lodge in Zimbabwe is op ‘n privaatreservaat langs die bekende Matopo Nasionale Park geleë. Dit is ‘n oord wat die vredigheid van die Matobo-heuwels vasvang. Dit is sodanig ontwerp dat dit met die granietrotsblokke wat so kenmerkend van die Matobo-heuwels is, saamsmelt. Die Matopo Hills Lodge bied ongeëwenaarde uitsigte van die Maleme-vallei en Ififi-berg.

By die Matopo Hills Lodge wat gaste in 17 luukse grasdak-lodges gehuisves, gebou van graniet, en almal en-suite. Vier lodges het dubbelbeddens, terwyl die oorblywende lodges enkelbeddens het. Tee/koffie-stasie is in alle lodges beskikbaar.

Die lodges is aan die hoofkompleks van die Matopo Hills Lodge met behulp van houtvoetpaadjies verbind. Die sitkamer en kroeg met glasmure en ‘n balkon bied ‘n onvergeetlike uitsig oor die omgewing. Die Matobo Hills Lodge is bekend vir heerlike maaltye, wat in die sitkamer of opelug-gazebo geniet kan word. Etenstye kan aangepas word om by die wildbesigtigingsritte aan te pas.

Die konstruksie van die natuurlik rotsswembad by die Matopo Hills Lodge maak gebruik van die talle granietrotsblokke en is in ‘n granietskeur gebou. Die Matobo Hills Lodge bied ook ‘n wasdiens en geskenkwinkel met ‘n wye keuse van spesiale snuisterye.

Indien jy op soek is na ‘n ekstra spesiale huwelikslokaal, is die Matopo Hills Lodge ‘n vanselfsprekende keuse. Tot 80 gaste kan gehuisves word. Die konferensiegeriewe by die Matopo Hills Lodge is van internasionale standaarde kan 40 persone huisves.

Die beste van die Matopo Hills Lodge is egter die omgewing. Die Lodge het ‘n aantal goed-opgeleide gidse en ‘n vloot safari-voertuie waarin jy die pragtige Matopo-heuwels kan verken. Besoek die nabygeleë stamdorpe waar die lewenstyl van die Kalanga en Ndebele die verlede en die hede weerspieël. Die Ntswatugi-grotte bevat antieke rotstekeninge en die ‘n kunstenaarspalet van 40 000 jaar oud is hier aangetref. Terwyl die steil klimtog na die Silozwane-grot jou fiksheid deeglik gaan beproef, is die uitsig van daar af beslis die moeite werd.

Besoek die graf van Cecil John Rhodes met sonop. Jy sal dan verstaan hoekom hy hierdie plek, die “View of the World”, as sy laaste rusplek gekies het. Iets omtrent hierdie plekkie in die Matopo-heuwels vertel jou nogal iets van sy karakter en merkwaardige lewe.

Die Matobo-heuwels wat die Matopo Hills Lodge omring is ‘n gebied met ‘n ryk biodiversiteit. Die bevolking akkedisse met hul helder kleure is altyd fassinerend vir besoekers. Die voëlbevolking van meer as 200 spesies hou ywerige voëlkykers vasgenael agter hul verkykers. Wees op die uitkyk vir swart- en witrenosters, luiperd, zebra, kameelperde en ander soogdiere wanneer jy op ‘n wildbesigtigingsrit by die Matobo Hills Lodge gaan. Jou gids sal jou belangstellingsveld in ag neem wanneer die roete beplan word. 

Motopo Hills swimming Pool
Lounge Motopo Hills Lodge
Units Motopo Hills Lodge
 
Motopo Hills room
Bathroom Motopo Hills Lodge Double bedroom Motopo Hills Lodge
View from Motopo Hills Lodge Motopo Hills Lodge interior
Motopo Hills Lodge Rocks Motopo Hills Lodge unit

ZIMBABWE AKKOMMODASIE

Zimbabwe is 'n pragtige land met baie vriendelike mense. Dit is steeds enn van die veiligste lande op die kontinent. Matobo Hills Lodge beveel daarom 'n aantal akkommodasie plekke aan met groot vrymoedigheid. Vir die met 'n beperkte begroting is daar Kulizwe Lodge in Binga op die suidelike oewer van die Kariba dam. hul bied bekostigbare selfsorg akkommodasie.
Spurwing Island in die Matusadona nasionale park en ook in die Karibadam is n puik bestemming. In Harare kan jy gerus die ou Sheraton Hotel en nou die Rainbow Towers Hotel probeer

BOTSWANA AKKOMMODASIE

As jy Maun wil besoek na jou verblyf by Matobo heuwels moet jy Rileys Hotel of Island Safari Lodge op die oewer van die Thamalakane rivier probeer. In die Chobe en Kasane distrik beveel ons Senyati selsorg akkommodasie aan.

NAMIBIESE AKKOMMODASIE

Etosha Nasionale park inNamibie is minstens drie dae se ry van Matobo Hills in Zimbabwe. n Besoek aan Okaukuejo in Etosha sal jou ryklik beloon. Hulle bied akkommodasie wat gunstig vergelyk met die van die Matopos.